Wits en rassisme

Mediese studente by Wits Universiteit huil oor diskriminasie as dit kom by die uitslag van eksamens van kursusse.

‘n Groep swart student het gekla dat 27 van hul genote nie geslaag het nie maar dat een blanke student voorkeurbehandeling ontvang het by finale keuring.

Volgens visekanselier Adam Habib het die blanke student die tweede hoogste punte behaal maar weens ‘n administratiewe “fout” is haar punt verkeerd oorgedra.

Die ander het gedruip volgens Habib.

Waarnemers is verheug dat mediese studente wat nie die mas kon opkom nie, inderdaad as druipelinge beskou en behandel is, eerder as om mense wat nie gekwalifiseer is, toe te laat om mense wat mediese sorg nodig het, te ondersoek en te behandel terwyl hulle nie werklik weet wat om te doen nie.