Wie spring met wie in politieke kooi?

Nou, die ander dag nog, toe vra ou Frikman Lotz alle gelyke geleentheid-gelowiges om tog asseblief in Metsisasolholo se tussenverkies vir die VF+ te stem. Glo die “logiese keuse” om te doen, segte hy.

Nou hét al daardie goedgelowiges gestem, en nou gaan daardie VF+ na die kommuniste moet vry, en met hulle moet saamwerk as hy iets in Metsiwatsenaam uitgerig wil kry. AS hy dit uitgerig gáán kry.

Darem interessant nè, met wie mens almal in dieselfde politieke kooi moet spring as jy aan die ANC se grondwet se Godlose verkiesings deelneem…

Ook nie moeilik om te dink watter politieke mismaaksels in só ‘n kooi gaan uitbroei nie.

Weer Piet Pompies

Van Metsidinges