VSA voer groot militêre vliegoefening uit

Te midde van ’n hewige beswaar van Noord-Korea, is die Verenigde State en Suid-Korea besig met ’n grootskaalse militêre vliegoefening wat oor vyf dae sal strek.

Die gesamentlike oefening wat Maandag begin het met beide lande se vegvliegtuie het Noord-Korea se kommunistiese regime se erge ontevredenheid uitgelok.

Die kommuniste het in ’n verklaring gesê die gesamentlike oefening met tientalle vegvliegtuie “sal nog hulle selfvernietiging bespoedig”.

Die VSA en Suid-Korea hou gereeld gesamentlike militêre oefeninge tot groot frustrasie van Pyongyang

Die week se oefening is die grootste wat nog gehou is met vegvliegtuie, en die meer as 230 vliegtuie maak ’n geweldige indruk op die honderde verslaggewers wat die geleentheid waarneem.

Meer as 12 000 manskappe is betrek by die operasie om te verseker dat alles glad en foutloos kan verloop.

Die twee lande se onderskeie woordvoerders oor verdediging het geweier om te reageer op die flou verklaring van die kommuniste aan die noorde kant.