VSA onttrek uit immigrante-ooreenkoms

Die Verenigde State van Amerika het die naweek aangekondig dat hy onttrek uit die Wêreld Immigrasie akkoord wat ’n nie-bindende ooreenkoms is.

Die akkoord wat deur die Verenigde Nasies geïnisieer is om die hantering van internasionale immigrante aangeleenthede te bevorder, is ’n vrywillige aangeleentheid wat nou in omstredenheid verval het.

President Donald Trump se administrasie het besluit om die VSA te onttrek en wil klaarblyklik daarmee die instroming van vreemdelinge na die VSA verder inperk.

In ’n verklaring aan die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal sê die VSA dat hy sy deelname aan die VN se “Global Compact on Migration” beëindig.

Gedurende September 2016, onder bewind van Barack Obama, het die VSA saam met die ander 193 lidlande van die Algemene Vergadering ingestem om die New York Deklarasie vir Vlugtelinge en Immigrante te ondersteun.

Die deklarasie bevat ’n aantal bepalings wat onder meer insluit dat vreemdelinge en immigrante beskerming verdien en deur die owerhede toegepas sal word, terwyl hulle goeie behandeling sal geniet terwyl hulle as vlugtelinge in die land woon.

Die vermoede bestaan dat meer lande moontlik die voorbeeld sal volg aangesien vlugtelinge deesdae ’n bedreiging is met die baie terroriste wat as sogenaamde vlugtelinge na ander lande insypel.