Venezuela gryp na strooihalms

Die omstrede president Nicolas Maduro van Venezuela het planne bekend gemaak om ’n “virtuele betaalmiddel” te begin wat bekend sal staan as die “petro”.

Die petro sal ontwikkel word as ’n betaalmiddel soortgelyk as die bekende Bitcoin om as betaalmiddel aangewend te word om deur sy olie gesteun te word.

Die olieryke land se benarde finansiële posisie het die afgelope twee jaar tot ernstige konflik gely en talle mense se lewens geëis wat weens ernstige voedseltekorte na buurlande moes uitwyk om dit aan te vul.

President Maduro sê in ’n verklaring dat die petro ook sal dien as teenvoeter vir die Amerikaanse Bitcoin en sê dit stel die land in staat om op twee verskillende maniere internasionale finansiering te ontwikkel.

Ekonome het by herhaling gewaarsku teen die virtuele betaalstelsels waarvan daar reeds meer as ’n 100 verskillende soorte is maar waarvan die Bitcoin tot hede die vinnigste toename in waarde getoon het.

Intussen het groot sentrale banke in die VSA en Europa gewaarsku teen die “onsigbare” en “ontasbare” betaalstelsels.

Foto – President Nicolas Maduro