Twee SA mediese studente verdrink

Twee studente van Suid-Afrika wat in Kuba ingeskryf het vir “mediese studies” het verdrink tydens ‘n huisparty van ‘n student se verjaarsdag. Hulle is afkomstig van Natal.

Vroeër het ‘n SA student in Kuba selfmoord gepleeg. Van die 789 studente in Kuba het  85 reeds “gekwalifiseer”.

Meer as dertig student is egter geskors en teruggestuur na SA weens wangedrag en verwante klagtes.

Dit wil voorkom of die Suid-Afrikaanse studente om die verkeerde redes in Kuba se nuus is.

Intussen het die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sy “skok uitgespreek” oor hulle dood.