Terreuraanslag op Britse premier afgeweer

Die knap werk van Britse veiligheidsdienste het ’n terroriste aanslag op die lewe van die Britse eerste minister gefnuik en twee terroriste is in hegtenis geneem.

Die twee terroriste, onderskeidelik 20 en 21 jaar, is een in Londen en die ander in Birmingham gevange geneem.

’n Polisiewoordvoerder sê hulle hou die bewegings van die twee terroriste reeds vir etlike weke goed dop en het spesiale maatreëls in plek gehou om premier Theresa May te beveilig.

Die polisiewoordvoerder sê die twee het beplan om ’n bom te plant by Downingstraat 10, die ampswoning van die premier, met die doel dat sy sou omkom in die ontploffing.

Die twee verdagtes het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van voorbereiding van ’n terroristedaad in Londen.

Foto – Premier Theresa May