Steinhoff in die moeilikheid

Die Duitse groothandelreus Steinhoff, wat in Suid-Afrika gesetel is, se aandele het met meer as 60% geval nadat die groep aangekondig het dat twee van hulle senior uitvoerende beamptes bedank het weens beweerde rekening onreëlmatighede.

Die maatskappy sou Woensdag sy state bekend gemaak het, maar dit vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel hangende ‘n ondersoek.

Nadat Markus Jooste as hoof van Steinhoff Internasionaal bedank het, het die groep se aandele op die Frankfort aandele beurs met 59% geval terwyl die aandele op die JEB met 56% gedaal het. Kort daarna het Ben la Grange, uitvoerende hoof van Steinhoff Africa Retail bedank.

‘n Duitse regsfirma, TILP, sê beleggers kan die maatskappy aanvat vir skadevergoeding omdat Steinhoff hulle onder ‘n wanindruk gebring het.