Singh weier om te sing

Die geskorste hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, is deur die parlementêre portefeuljekomitee weggestuur aangesien hy nie betyds sy dokumentasie kon voorsien nie.

Singh is reeds ‘n maand gelede aangesê om te getuig in die staatskaping van Eskom en om sekere dokumentasie vooraf beskikbaar te stel.

Hy het egter Maandagaand om 23:00 ‘n 400 bladsy dokument laat aflewer.  Die komitee het gevolglik nie tyd gelaat het om die dokument deur te gaan nie.

Dit word egter beskou as ‘n vertragingstaktiek deur Singh, en hy is daarvan beskuldig dat hy die parlement minag.

Foto: Anoj Singh