SAID verloor kundige werknemers

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het 506 werknemers verloor sedert Januarie 2017.

Van die werkers wat die diens verlaat het, het 128 werknemers ‘n tersiêre kwalifikasie gehad en gesamentlik het hierdie groep bykans 5 000 jaar diens gehad.

Een van die persone het ‘n doktorsgraad, 15 het meestersgrade en 24 honneursgrade.

Die uitvloei van breinkrag is kommerwekkend en kan daartoe lei dat SAID  soos Eskom, Transnet en ander entiteite ‘n mislukking word.