Rykes se rykdom word nog meer

Die rykstes onder die rykes het die afgelope jaar hulle skatte verder vermeerder en die 500 rykstes het gesamentlik sowat 4,6 miljard euro (byna R66 miljard) tot hulle bates bygevoeg.

Berekeninge dui daarop dat die rykes gemiddeld ’n toename van 23% op hulle bates gekry het gedurende 2017, terwyl die wêreld se armstes dramaties toegeneem het in getalle.

Volgens opnames wat pas gedoen is, blyk dit dat die 500 rykstes ’n gesamentlike vermoë het wat die gemiddelde mens na sy asem laat snak.

Bloomberg het in sy jongste verslag oor die welgesteldes berig dat Amazon die grootste toename toon en byna 29 miljard euro by sy bates gevoeg het, en bly dus die rykste persoon met Bill Gates in die derde plek, want Bezos is met 83,6 miljard voor Gates wat op 78,7 miljard euro staan.

Die 38 miljardêrs van Sjina het gesamentlik hulle rykdom vermeerder met 149 miljard euro  en in die VSA het die 158 miljardêrs se rykdom gesamentlik toegeneem met sowat 265 miljard euro.

Die grootste verliese is egter ook bekend, met die Franse kommunikasie miljardêr, Patrick Drahi, die Arabiese Bin Talal en Suid-Afrika se Christo Wiese wat op die voorpunt is met groot bedrae wat verloor is.