Reisverbod van Moslems na VSA ingestel

Na verskeie pogings van die Trump-administrasie om ’n verbod ingestel te kry teen Moslems uit sekere lande, is dit uiteindelik deur die hoogste hof van Amerika goedgekeur.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het nog ’n oorwinning behaal toe die hooggeregshof beslis het dat die VSA ’n reisverbod mag instel teen burgers afkomstig uit ses Moslemlande.

Die verbod behels dat burgers uit Iran, Libië, Sirië, Jemen, Somalië en Tsaad, nie na die VSA mag reis nie vanweë die gevaar van terrorisme.

’n Volbank van nege regters het die saak aangehoor, en sewe van die regters was in ’n stemming ten gunste van die verbod.

Die verbod is ook van toepassing op mense van Noord-Korea asook bepaalde regeringsbeamptes van Venezuela.

Foto – President Donald Trump