Ramaphosa nou voorloper

Nadat al die nege provinsies hul nominasies aangekondig het, het Cyril Ramaphosa 1 861  nominasies ontvang teenoor Dlamini-Zuma se 1 309.

Die ANC Jeugliga, Vroueliga en Veterane het elk ‘n verdere 60 stemme met die Jeug- en Vrouliga wat waarskynlik Dlamini-Zuma sal nomineer en die Veterane vir Ramaphosa.

Politieke ontleders sê dat die telling die 223 nominasies van Oos-Transvaal uitsluit waar die word “eenheid” aangedui was teenoor die name van die ses kandidate.

Die groter provinsies steun egter vir Dlamini-Zuma en diesulkes stuur meer afgevaardigdes na die konferensie wat beteken dat die laaste sê nog nie gesê is nie.

Daar word ook verwag dat groot bedrae aan omkoopgeld gewissel sal word om bepaalde kandidate te bevoordeel. By een van die vorige ANC-konferensies was daar skynbaar omkoopgeld van sowat R50 miljoen betrokke.