Puigemont stel sy saak in Brussel

Die afgesette president van die deelstaat Katalonië in die noordelike deel van Spanje, het die afgelope naweek sy duidelike standpunt gestel tydens ’n onderhoud met die media.

Carles Puigdemont het erken dat hy minstens ’n reaksie van die Europese Unie verwag het nadat hy die streek se onafhanklikheid aangekondig het in die parlement, maar was teleurgesteld dat die organisasie verkies het om eerder te swyg.

Hy sê die aanname van die Spaanse regering van premier Rajoy is misleidend as hulle beweer dat hy teen die Spaanse grondwet opgetree het, aangesien die grondwet uit meer as een artikel bestaan.

Puigdemont sê die Spaanse regering kan ’n verrassing verwag in die verkiesing van 21 Desember, want in die vorige streekverkiesing in Katalonië  kon die opposisie slegs 30% van die stemme trek, en daarom is hy oortuig daarvan dat sy party en bondgenote weer die meerderheid stemme sal kry.

Na verwagting word Puigdemont eersdaags uit huisarres in België vrygelaat om sy verkiesingsveldtog te voer.

Foto –  Carles Puigdemont