Puigdemont: Spanje trek arrestasie bevel terug

Die Spaanse hooggeregshof het die Europese arrestasie bevel teen die afgesette president van Katalonië, Carles Puigdemont, en sy vier ministers teruggetrek.

Die regter van die hooggeregshof het die Belgiese gereg dienooreenkomstig ingelig.

Volgens die Spaanse hoofregter, Pablo Llarena, het die vyf separatiste wat tans in België is, hulle bereid verklaar om terug te keer na Katalonië omdat hulle aan die verkiesing van 21 Desember vanjaar wil deelneem.

Die regter het ook bevestig dat die saak teen die vyf leiers juridies nie korrek hanteer is nie en ook nie waterdig is nie.

Waarnemers meen die moontlikheid bestaan dat die Spaanse regering bekommerd raak oor die moontlikheid dat die separatiste die verkiesing in Katalonië gaan wen, wat die saak uiters ingewikkeld kan maak.

Deskundiges sê die separatiste kan ook nog ’n saak maak omdat die Spaanse regering ernstige diskriminasie teen hulle gepleeg het wat die uitslag van die verkiesing kan beïnvloed.

Die Belgiese regering sou op 14 Desember beslis het of die vyf leiers aan Spanje uitgelewer sou word, en indien België daarteen sou besluit, kon dit ’n ernstige verleentheid vir Spanje ingehou het, wat as ’n internasionale skandaal beskou sou word.

Foto – Carles Puigedemont