Paaieslagting het begin

Reeds meer as 40 mense is sedert die begin van Desember dood in padongelukke. Die meeste van hulle is voetgangers wat hulle nie aan die reëls rakende voetgangers hou nie, en daardeur motoriste in die moeilikheid dompel.

Die wydverspreide reën in die noordelike provinsies dra ook by tot meer ongelukke.

Ten spyte van die drasties verhoogde brandstofpryse wat van middernag af geld, word die groot vakansie uittog binnekort verwag.

Die bestuurshoof van die Padverkeerbestuursorganisasie reken dat verkeersbeamptes hierdie vakansie reg is om die sterftesyfer laer te hou. Skynbaar het verkeersbeamptes opdrag gekry om streng op te tree teen wetteloosheid op die paaie. Dit is egter bekend dat verkeersbeamptes selfs met “’n koeldrank” omgekoop kan word om roekelose motoriste te laat wegkom.