Oudregter wil oudste beroep wettig

Vorige Konstitusionele Hof regter Zak Yacoob het in ‘n onderhoud gesê dat hy graag sal wil sien dat die oudste beroep op aarde, nl. prostitusie, dekriminaliseer moet word.

Daar is na beraming meer as 150 000 sogenaamde “sekswerkers” in die land.

Hulle word dikwels ook verbind met dwelms en ander maatskaplike euwels, en die argument dat die bedryf gereguleer moet word, is volgens waarnemers ‘n vals belofte, aangesien gewone misdaad nie eens beheer kan word nie, en hierdie mense dus ook nie gereguleer en dopgehou kan word nie.