Omstrede premier dalk die sleutel tot ANC-leierskap

Met die naderende ANC presidentsverkiesing blyk dit dat nog Dlamini-Zuma nog Ramaphosa werklik kan aanspraak maak op genoeg steun.  Die skaal gaan volgens politieke kenners geswaai word deur die 735 stemme vanuit die Oos-Transvaal.

Hier in beheer is David Mabuza, ‘n provinsiale premier wat nog nooit in ‘n hof skuldig bevind is aan enige misdade nie, maar wat al beskuldig is van die brein agter teregstellings van politieke opponente, grootskaalse plundering van openbare fondse, pogings om joernaliste om te koop en die waarskynlike versteking van miljoene rande op sy plaas.

Hy blyk die een te wees wat sy gewig agter Dlamini-Zuma gaan ingooi met die voorwaarde dat hy adjunkpresident van die ANC word.

Ontleders meld dat dit skrikwekkend is om te dink dat hy die tweede hoogste  gesagsfiguur van die land kan word.

Foto: david Mabuza