Nuwe trustee van RFD bevraagteken

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het Jan Mahlangu aangestel as een van die tussentydse trustees van die Sala Pensioenfonds en die Munisipale Raad Pensioenfonds.

Mahlangu het in 2010 bedank as Cosatu se pensioenfonds koördineerder nadat die unie hom aangekla het weens beweerde omkopery in die vorm van ‘n nuwe Audi A4 van SA Quantum.

SA Quantum kon egter nie verbind word met die “geskenk” nie en Mahlangu is daarom nie verder ondersoek nie.