Noord-Korea ’n gevaar vir Weste

’n Woordvoerder van Suid-Korea het in ’n verklaring gesê die jongste missiel lansering wat deur Noord-Korea uitgevoer is, hou ’n ernstige gevaar in vir Westerse lande.

Volgens die nuutste gegewens het die interkontinentale ballistiese missiel wat die kommuniste lanseer het, ‘n 13 000 kilometer reikafstand wat beteken ’n nuwe missiel is ontwikkel.

Die nuwe missiel is aansienlik groter as die Hwasong-14 ICBM wat tot nog toe gelanseer is deur Noord-Korea, aldus die minister van verdediging in Suid-Korea.

Dosyne foto’s is die wêreld ingestuur oor die jongste missiel wat afgevuur is en in die nabyheid van Japan se kuswater neergestort het.

Kenners wys daarop dat die missiel nie net aansienlik groter is nie, maar ook veel meer gevorderde tegnologie bevat wat die vernietiging daarvan bemoeilik.

Michael Duitsman, ’n kenner van ballistiese missiele in Kalifornië, sê die nuwe weergawe is ’n baie groot missiel wat slegs deur ’n paar moondhede vervaardig kan word.

Hy sê ’n missiel wat die middellande van Amerika moet bereik, is ’n baie groot een wat voldoende brandstof voorraad kan dra, en dit lyk of Noord-Korea oor so ’n produk beskik volgens die jongste toets wat uitgevoer is.