Martins weier om vrae te antwoord oor Eskom en staatskaping

Die adjunkminister van Openbare Ondernemings, Ben Martins, is die volgende wat weier om enige vrae wat die parlementêre portefeuljekomitee aan hom vra te antwoord.

Volgens Martins is ‘n skriftelike voorlegging voldoende.

Hy gaan egter nou gedagvaar word om te getuig.

Ajay Gupta se prokureurs het die komitee versoek om ‘n lys vrae te voorsien waarop Ajay sal moet antwoord as hy geroep sou word om te getuig.

Dit volg nadat Suzanne Daniels , geskorste regshoof van Eskom, getuig het dat sy ‘n vergadering bygewoon het waar Martins en Ajay teenwoordig was om Brian Molefe se posisie te bespreek.

Intussen lei die waarnemende hoof van Eskom aan selektiewe geheueverlies en het hy verklaar “ek onthou niks en ontken alles”.

Foto: Ben Martins