Maak vol voor Woensdag

Lesers word herinner om hul voertuie se brandstof op te vul voor vanaand middernag omdat brandstofpryse Woensdag styg.

Petrol styg met ‘n enorme 71 sent per liter en diesel met 0,05 sulfaat 60,3 sent en 0,005% sulfaat met 57,3 sent.

Dit is die vyfde maand in ‘n ry dat brandstof styg.

Huishoudelike gas  (LP Gas) sal met 204 sent per kilogram styg, terwyl lampolie se prys ook styg.