Landbou red ekonomie weer

Dit was weer eens die landboubedryf wat uitgeblink het en daarvoor gesorg het dat die land se bruto binnelandse produk in die derde kwartaal met twee persent kon groei.

Die nuwe Statistikus-Generaal, Risanga Maluleke, het bekend gemaak dat landbou se bydrae tot ekonomiese groei in die derde kwartaal 44,2% was.

Alhoewel heelwat minder as landbou, het mynbou en vervaardiging ook tot die groei bygedra.

Vroeër die jaar het landbou daarvoor gesorg dat die ekonomie uit sy tegniese resessie kon herstel, wat TLU SA laat sê het dat die regering eerder die boere moet uitlos en toelaat om dit te doen waarin hulle goed is, naamlik om te boer, kos op die tafel te sit en die ekonomie te stimuleer. Dit sal roekeloos wees om met grondhervorming te eksperimenteer in ‘n tyd dat ekonomiese stabiliteit nodig is.