Koringproduksie daal skerp

Ietwat minder as 1,6 miljoen metrieke ton koring word verwag met vanjaar se koring opbrengs weens die ernstige droogte in groot dele van die Wes-Kaap wat koringproduserende gebied is.

Dit is ’n ernstige verlaging in produksie, wat verlede jaar 1,9 miljoen ton was, en koringprodusente is bekommerd dat die skatting nog te hoog is.

Wes-Kaap verwag ’n opbrengs van sowat 685 000 ton wat ’n daling van meer as 40% is, en meebring dat koring waarskynlik ingevoer sal word om aan die plaaslike aanvraag te voldoen.

Die lae opbrengs en voortslepende droogte het produsente aan die keel en worstel menige boer om kop bo water te hou terwyl die land se ekonomiese toestande ook sorgwekkend geword het.