Kalafong hospitaal val uitmekaar

 

Die krisis by die eens vooraanstaande akademiese hospitaal, Kalafong, is besig om daagliks te verdiep as gevolg van ‘n skynbaar ooglopende bestuursprobleem.

Behalwe dat die infrastruktuur in duie stort met uitgerukte wasbakke, moet die jong dokters wat hulle verpligte gemeenskapstyd daar moet doen, alles self doen, want die susters weier om take wat hulle gewoonlik moet doen, soos opsit van ‘n drup, nie doen nie omdat dit kwansuis nie hulle werk is nie. Dit lei daartoe dat pasiënte soms ‘n hele naweek in ongevalle lê sonder dat hulle behandel kan word, en sonder dat hulle iets te ete of te drinke kry.

Pasiënte was ook ontsteld toe die lyk van ‘n kind deur die toelatingsaal gedra is na die polisie se forensiese voertuig, in plaas daarvan om die agteruitgang wat daarvoor bestem is, te gebruik.

Foto: ‘n Wasbak wat in een van die badkamers uitgeruk is