Japanse keiser abdikeer

Vir die eerste keer in bykans 200 jaar het ’n keiser van Japan besluit om uit te tree en moes die parlement vroeër ’n resolusie goedkeur om die uittrede moontlik te maak.

Die Japanese keiser Akihito sal op 20 April 2019 afstand doen van die Japanse troon nadat ’n spesiale kommissie onder leiding van premier Shinzo Abe verlede Vrydag besluit het om die nuus bekend te maak.

Dit is ’n ongewone stap in die geskiedenis van die Japanse herehuis dat ’n keiser aftree, en moes die parlement op versoek van die keiser, ’n spesiale besluit neem om dit moontlik te maak.

In die gewone verloop tree die keiser nie uit nie en word eers na sy dood opgevolg, maar die keiser se verswakkende gesondheid het hom genoop om die stap te neem.

Die keiser se seun, Naruhito, sal die keiser opvolg wat intussen ’n hartoperasie moet ondergaan en behandel moet word vir prostaatkanker.

Weens die besondere omstandighede kom die keiserlike Hofraad vir die eerste keer sedert 1993 byeen. Die vorige byeenkoms was om te besluit oor die huwelik van die kroonprins Naruhito.