Is kinders veilig?

‘n Studie deur die Universiteit van Kaapstad toon dat tussen 3,7 en 6,3 miljoen kinders in SA fisiese geweld beleef voor hul 18 jaar oud is.

Dit sluit in verkragting, aanranding, meswonde, brandwonde en dies meer.

Die studie toon dat elke drie dae ‘n kind sterf as gevolg van misbruik en nalatigheid.

Die land is op ‘n afwaartse trajek en die toekomstige bron van leiers word al hoe minder, word gesê.