Hoof van operasionele intelligensie bevraagteken

Nog ‘n intelligensie aanstelling van Jacob Zuma word bevraagteken aangesien generaal-majoor Feroz Khan geen sekerheidsklaring het nie. Hy beklee dus sedert 1997 sy pos onwettig.

Senior intelligensie personeel moet top sekerheidsklaring ontvang voordat hul toegang kan kry tot vertroulike dokumente.

Hy bedryf boonop skynbaar ‘n onderdele besigheid sonder die nodige goedkeuring van sy hoofde.  Hierdie besigheid, Spares Oasis, is meer as R21 miljoen werd en hy ontvang ‘n salaris van R250 000 per maand vanuit die besigheid.

Khan is een van die manne wat skielik dubbel bevordering ontvang het, in sy geval van kolonel na generaal-majoor.

Foto: Feroz Khan saam met Jacob Zuma