Hartoorplanting verjaar

Op 3 Desember 1967, nou reeds vyftig jaar gelede, het die Afrikaner, Christiaan Barnard, die eerste menslike hartoorplanting te Groote Schuur Hospitaal uitgevoer. Dit was ‘n geskiedkundige gebeurtenis wat wêreldwyd erkenning ontvang het.

Die ontvanger van die hart, Louis Washkansky, het 18 dae geleef na die oorplanting  maar dit het die weg gebaan vir vele ontvangers van harte.

Pogings word nou aangewend om die prestasie te deel met swart personeel wat Barnard sou ondersteun het.