Handelsurplus groei

Suid-Afrika het in Oktober 2017 ʼn negende opeenvolgende handelsurplus gehad. Die vorige handelstekort was in Januarie wat R11,2-miljard was. Oktober se surplus is R4,56-miljard en die opgelope surplus R51,6-miljard teenoor die vorige jaar in Oktober se opgelope tekort van R9,9-miljard.

Die belangrikste invoere uit die buiteland is soos volg met uitvoere tussen hakkies aangedui: Sjina 11,0% (20,2%), VSA 7,3% (5,6%), Indië 5,9% (4,7%), Duitsland 5,7% (11,2%) Namibië 4,6.

Sjina is die land wat baat met die voordeligste handelsvoordeel uit SA met meer uitvoere as invoere.