Feesmisdaad en die polisie se “plan”

Nog ‘n plaasaanval het plaasgevind, hierdie keer in die Witrivier omgewing.  Die egpaar is beroof van hul voertuig, vuurwapens, ammunisie en ‘n teleskoop.

By die Fakkel Hoërskool in Johannesburg is die opsigter tydens ‘n inbraak geskiet en is dood in die voorval. Daar is ‘n TV en rekenaars gesteel in die proses.

Intussen is die twee moordenaars, Nigel en Johannes Plaatjies, van die Bolandse skrywer, Winnie Rust, is in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind op klagte van moord, roof en bedrog. Hulle het haar verlede jaar in haar huis in Wellington vermoor.

Die nuut aangestelde kommissaris van polisie, Khehla Sitole, sê bykomende polisiebeamptes is by grensposte ontplooi om misdadigers wat die land wil inkom of landuit wil vlug, vas te vat. Dit is onseker of dit onwettige immigrante gaan insluit.

Verder sal motoriste oor die vakansietyd die frustrasie van padblokkades op hoofpaaie moet verduur as hulle voertuie deursoek word.

Misdaadkenners wys egter daarop dat misdadigers verkies om sekondêre paaie te gebruik in plaas van hoofpaaie.