Corsica nasionaliste wen verkiesing

Op die Franse eiland Corsica het die nasionaliste in ’n streekverkiesing met ’n groot meerderheid gewen en sal hulle na verwagting hulle eis om groter outonomie verder voer.

Corsica se nasionaliste is ten gunste van algehele onafhanklikheid, maar die nasionaliste sal waarskynlik eers vir groter seggenskap vra.

Die nasionaliste het 45,4% van die stemme getrek en daarmee ’n koalisie gevorm met ’n kleiner party wat ook ten gunste van groter outonomie is.

Met die oorwinning van nasionaliste, word die druk op president Emmanuel Macron van Frankryk groter om aansienlik meer regte binne die Franse bestel aan die eiland toe te ken.

Die verkiesing word egter opgevolg met ’n tweede rondte wat hierdie week gehou word.

Corsica kry ’n nuwe statuut wat op 1 Januarie in werking sal tree nadat die nasionaliste in 2015 byna die regering oorwin het, maar met die jongste uitslag is daar geen twyfel dat groter outonomie geëis sal word nie.

Corsica het ’n rekord van onverskilligheid om nie na die stembus te gaan tydens verkiesings nie, en vanjaar was dit weer die geval toe slegs 46% van die kiesers by die stembus opgedaag het.