Brittanje se grootste rot is gevang

’n Deskundige in plaagbestryding het foto’s aan die pers gestuur met ’n berig waarin hy beweer dat hy die Verenigde Koninkryk se grootste rot gevang het.

Daren George het ’n rot wat op ’n paar millimeter na, 500 cm lank is, in ’n tuin by New Alresford, Hertfordshire, gevang en doodgemaak.

Hy sê die meeste mense sal weghardloop as hulle so ’n rot raakloop, maar vir hom was dit ’n aangename uitdaging om die knewel vas te trek.

Volgens gegewens wat beskikbaar is, het George se vangs net-net die rekord geslaan, want die vorige groot rot was 20 mm korter.

George sê hy het opdrag gehad om die rotte te vang wat op ’n perseel was, en het verbaas toegekyk hoe die groot rot gesukkel het om in die vanghok te kom om die aas te vreet.