Baba motorsitplekke ‘n doodsitplek

Babasitplekke wat grootskaals in SA verkoop en gebruik word, is in Europa onttrek weens kommer oor die veiligheid daarvan.

Die stigter van Wheel Well, Peggie Mars, het gewaarsku dat drie sitplekke wat in Sjina vervaardig word – Fine Line Ganen en twee Lucky Baby sitplekke wat onder die naam Chelino bemark word, reeds in Mei 2017 in Europa van die mark onttrek is. Volgens Mars is die sitplekke ‘n “doodsertifikaat” vir ‘n baba.

Die aanlyn reus Takealot het reeds die Fine Living stoel onttrek van sy verkooplys as ‘n voorsorg .