Daily Archives: December 8, 2017

Aandmark by Boeremark

Die Pretoria Boeremark, wat jare gelede deur TLU SA begin is, moes vroeër die jaar verskuif nadat die staatsbeheerde Pioniersmuseum in Silverton hulle kontrak beëindig het. Mnr. Bennie van Zyl,…

Wessels vervang Wessels in Vrystaat

Me. Tammy Wessels is as die nuwe wetgewerlid (LPW) van die VF Plus in die Vrystaat ingehuldig. Haar inhuldiging volg nadat mnr. Wouter Wessels verkies is om dr. Pieter Mulder…

Uitlanders en grys goedere

Die polisie in Johannesburg het toegeslaan op ‘n verlate gebou en meer as R45 miljoen se nagemaakte goedere gekonfiskeer. Die gebou word klaarblyklik gebruik deur uitlanders om die goedere te…

Hoof van Natal Gesondheid bedank

Dr. Sifiso Mtshali, die hoof van Natal Gesondheid, het bedank nadat hy geskors is deur die Natalse premier, Willies Mchynu. Bewerings word gemaak dat die onkologie apparaat in Addington hospitaal…

Staatspensioenfonds R12,5 miljard armer

Die regeringspensioenfonds (PSA) het ongeveer R12,5 miljard verloor met die  Steinhoff aandele se daling. Steinhoff se markwaarde op die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) het met  bykans  R200 miljard geval. Die Openbare…

Burgemeesters moet persoonlik opdok – VF+

Die tyd het aangebreek dat burgemeesters en munisipale bestuurders se salarisse opgeskort word by munisipaliteite waar water en ander dienste gesny word weens die nie-betaling daarvan, sê dr. Pieter Groenewald,…

Rusland verbied by Olimpiese Winterspele

Slegs ’n aantal Russiese atlete sal mag deelneem aan die Internasionale Olimpiese Winterspele van 2018 vir parapleë, sê ’n woordvoerder van die Olimpiese Komitee. Die Russiese Olimpiese Komitee is deur…

Korea: Wanneer begin die oorlog?

Pyongyang het die week ’n verklaring uitgereik waarin gesê is dat die uitbreek van oorlog op die Koreaanse skiereiland eerder ’n kwessie van “wanneer” is as ’n moontlikheid van “of…

Poetin verklaar sy kandidaatskap

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het alle bespiegelings dat hy gaan uittree, verkeerd bewys toe hy Donderdag amptelik bekend gemaak het dat hy weer as presidentskandidaat sal staan in die…

Hamas roep Palestyne tot opstand

Die leier van die Palestynse Hamas beweging, Ismail Haniyah, het die Palestynse bevolking opgeroep tot hernuwe opstand en geweld nadat Amerika Jerusalem as hoofstad van Israel erken het. President Donald…

Trump erken Jerusalem as Hoofstad

Die Amerikaanse president , Donald Trump, het in ’n toespraak wat gehou is in die Wit Huis, erken dat Jerusalem die hoofstad van die staat Israel is. Die president het…