Zuma WIL jou belastinggeld mors

Die ANC-staatshoof is vasbeslote om die belastingbetalers se geld te mors op sy hofsake.

Tydens ‘n antwoordsessie in die parlement gesê hy sal nie die regsaksies teen hom oor korrupsieklagtes, uit eie sak betaal nie. Dit beteken dus dat die staat daarvoor moet betaal.

Hy sê dat as sodanige bewerings verband hou met mense se werk, hoef hulle nie self daarvoor te betaal nie, en hy was by die werk.

Hy sê hy gaan nie die reëls verander deur self vir die regskoste te betaal nie.

Zuma het na die DA gekap en gesê hulle gaan hof toe met alles.  “Ek het myself nooit voor die hof gebring nie.”