Wêreld Nuusflitse – 13 November

Sierra Leone

’n Diamant van 476 karaat is in die ryk diamantvelde van Sierra Leone gevind, en tel onder een van die 30 grootste stene wat ooit gevind is.

 

Indonesië

Die regering van Indonesië het opdrag gegee dat die reuse wasbeeld van Hitler uit die museum verwyder moet word aangesien talle betogings gehou is teen die optrede van die eertydse Duitse leier.

 

Irak

Massagrafte waarin honderde burgerlikes begrawe is, en wat deur die Islamitiese Staat tereggestel is, is in Irak gevind – sowat 500 burgerlikes is reeds opgegrawe en die vermoede bestaan dat nog meer grafte gevind sal word.