VSA hou grootskaalse militêre oefening

Saterdag het die Amerikaanse weermag met ’n uitsonderlike groot militêre magsvertoon begin in die nabyheid van die kommunistiese Noord-Korea.

Die militêre oefening vind plaas terwyl president Donald Trump verskeie lande besoek het waarvan Viëtnam die laaste land is wat besoek word.

Met die massiewe magsvertoon wil Amerika ’n sterk boodskap aan Noord-Korea stuur om die VSA nie te onderskat nie, en daarom eerder die kernprogram moet staak.

Die Amerikaanse Sewende Vloot is met ’n vierdaagse oefening besig sodat die kommunistiese leier, Kim Jong-Un kan kennis neem van die magtige weermag.

Drie van die tien vliegdekskepe, B-1 langafstand bomwerpers, en meer as 200 vegvliegtuie waarvan die meeste die F-18 Super Hornet is, neem aan die oefening deel.

Daarbenewens is verskeie kernkrag aanvalsbote en torpedojaers gesien saam met ’n groot aantal duikbote.

Gesofistikeerde toerusting is op van die bote wat enige moontlike missielaanval van Noord-Korea sal onderskep en in die lug afweer.

Die Pentagon het in ’n media onderhoud gesê dit is die grootste militêre oefening wat die VSA nog uitgevoer het die afgelope dekade.

’n Woordvoerder van die Sewende Vloot het gesê die oefening het ten doel om stabiliteit in die Stille Oseaan te verseker.

Militêre deskundiges sê die teenwoordigheid van die Amerikaanse weermag is groot genoeg om Noord-Korea binne enkele dae tot algehele stilstand te dwing in geval van oorlog.