Versoening

Sommige mense koppel 16 Desember aan versoening terwyl dit Geloftedag is omdat dit deel was van ons voorouers se stryd om met die hulp van God hulle voortbestaan te beveilig.

Die werklike betekenis van versoening is die herstel van vrede of vriendskap, of te wel vredemaking. In ons mense se geval was 16 Desember nie vredemaking of versoening nie, maar aanvallende verdediging teen vyande wat ons volk ongeregverdig wou uitwis.

Nou probeer die volksvreemde regering om die verraderlike optrede teen Piet Retief, sy geselskap en ander niksvermoedende Voortrekkers om te swaai deur dit na ‘n retoriese, simboliese en betekenislose slagspreuk van versoening te verander. Dit is ’n strategie om slu sy morele aansien te versterk en ons gelofte aan God af te water.

Die Zoeloes en hulle geskiedenisvertellers betreur egter steeds die verraad van Dingaan, skryf Vusamazulu Credo Mutwa in sy boek Indaba, my children. Dit is vir hulle ‘n skande.

Kyk net hoe verwring die volksvreemde regering die feite deur te beweer dat die swartes op hulle sogenaamde versoeningsdag die wittes moet vergewe vir hulle gruweldade. Dit is ‘n grootse leuen wat juis meer vyandigheid opwek om meegevoel uit die buiteland te probeer verkry.

Bloedrivier was juis ‘n wonderwerk wat die Voortrekkers met behulp van God beplan het in antwoord op verraderlike en veragtelike lafhartigheid. Ons moenie die hinderlaag van humanisme miskyk nie. Dit is selfgerig en aards. God was die oorwinnaar waarvoor die Voortrekkers gebid het. Die Gelofte is alleen tussen ons volk en God. Niemand anders kan hier betrek word nie.

Jan Waarheid