Verkeersbeamptes behoorlik korrup

U berig oor die korrupte verkeersbeamptes van “Centurion” in u uitgawe van 9 November 2017 verwys.

Ek woon in dieselfde Verwoerdburg (ek kan nie daai ander kommunistiese woord uitspreek nie) in ‘n eenheid in ‘n meenthuiskompleks. My studeerkamer se venster kyk uit oor ‘n punt in ‘n straat, sowat 100 meter van ‘n vierrigting stopstraat.

Meeste motoriste stop nooit ten volle by hierdie stopstraat nie, maar ry net stadiger en dan verder. AHA!!, lekker plek vir Verwoerdburg se “eerlike” verkeersbeamptes, om te staan, mense uit te vang, en lekker baie geld te maak, hier, reg onder my venster.

So gereeld soos klokslag sien ek hoe hierdie beamptes geld van die motoriste aanvaar, dit in hulle sakke steek, en die motoris dan laat gaan. Veral die Blanke motoriste.

Die têksies, vir sover hulle wel afgetrek word, kry net waarskuwings, indien wel, te midde van lekker, gemoedelike, sosiale skree-gesprekke.

Toe kry ek eendag ‘n plan en ek doen ‘n ding: Ek kry my video-kamera, maar skakel hom nie aan nie. Ek staan baie prominent in die venster, en maak of ek hierdie beamptes “afneem” wat die wet só “on-rassisties” toepas.

Gewenste uitwerking: hulle sien my, maar dink natuurlik dat ek besig is met die ware Jakob. O magtag!: “bewyse” teen hulle!! Wat gaan hierdie “rassis” daarmee doen??

Die een ou, skynbaar die tjief, kom staan so naby hy kan aan my venster (gelukkig is daar ‘n muur tussen ons). Weet ek dat ek besig is met anlôfoel-dinge? vra hy. Natuurlik, in Kolonialaans. Ek ignoreer hom. Hulle het sedertdien nog nie weer onder my venster ge-“trêp” nie… Ook nêrens binne sigafstand van die venster nie…

Johan van Sjênsjoerieôn