Straler van Airlink in noodlanding

‘n Airlink vlug van Harare na Johannesburg het byna noodlottig geëindig toe twee van die vliegtuig se vier motore deur ‘n ontploffing buite werking gestel is.

Die voorval het 45 minute na opstyging plaasgevind en passasiers het ‘n verdere uur in angs deurgebring terwyl vonke en rook by die motore uitgekom het.

‘n Noodlanding is op Johannesburg se internasionale lughawe gedoen en geen passasiers of personeel is beseer nie.

Die oorsaak van die ontploffing en brand in die motore is nie bekend nie.