Steel by belastingbetalers, dan spaarders en dan beleggers

Die bekende ekonoom, Dawie Roodt, het in ‘n onderhoud gesê dat tesourie ‘n tekort van R50 miljard het aangevul moet word en dat die staat in sy poging om meer geld te in, hulle kan wend na beleggers en hier is pensioenarisse die sagte teiken met hul beleggings.

Hy skets ‘n baie donker prentjie as hy die orde van gebeure skets.  Dit is dat die staat begin om te steel van belastingbetalers. As dié bron opdroog, steel hulle by beleggers.

Roodt vermoed dat SA reeds nie sy skuld delg soos hy veronderstel is nie en dat dit kan lei tot die druk van meer geld,  wat sal lei tot hiper inflasie en ‘n Zimbabwe scenario.

Foto: Dawie Roodt