Staak rassisme!

Dankie vir die skrywers wat rassisme deur regerings- en ander woordvoerders uitwys.

Wat het die sing van DIE STEM met rassisme te doen? Dit is mos ons volkslied en verwys nie na swartes nie. Die volksvreemde regering en ander volke het mos hulle eie liedere. Waarom word aan die blankes voorgeskryf wat hulle in volksverband mag doen?

Die blankes maak slegs beswaar waar swartes se liedere aan haatspraak herinner.

Wat het die waai van die blankes se volksvlag met rassisme te doen? Die swartes het mos hulle eie vlag en die blankes maak nie daarteen beswaar nie. Dit is mos rassisme om die blankes se volksvlag te verbied.

Soos iemand geskryf het, dit is nie ‘n “ou” vlag nie. Die Vierkleur, die Vrystaatvlag en al die Voortrekkers se vlae word nie aan swartmense verbind nie. Los ons vlae uit.

Die geskiedenis van ons volk, die geskiedenis van ons taal, die geskiedenis van ons godsdiens (hervorming), ons volksliedere en vlae is ons eie saak. Dit is vir ons ‘n eer en ‘n behoefte van ons hart om dit te handhaaf en desnoods daarvoor te stry. Wie sal ons keer? Niemand nie en ook nie wetgewing of vreemde magte of geweld nie.

Jan Burger