Somaliese terreurbende word bedreiging

’n Nuwe bende beweging in Somalië wat oor die afgelope jaar ’n sterk groei in lede ondervind, het klaarblyklik besluit om steun te gee aan die terreurdade van die Islamitiese Staat.

Die gewapende bende wat reeds etlike jare bestaan sonder om noemenswaardige groei te toon, het van sowat 30 tot meer as 200 gegroei in die afgelope jaar.

Lede is lojaal teenoor die Islamitiese Staat (IS) wat besig is om hulle in te grawe in die noordelike deel van die land, en verskeie bendelede het reeds oorgeloop na die IS terroriste wat hulle bevele uit Irak en Sirië ontvang.

Waarnemers meen die moontlikheid word al sterker dat die Islamitiese Staat hom kan wend tot grootskaalse insypeling in Somalië aangesien hulle swaar verliese ly in Irak en Sirië.

Die Oos-Afrika land bied ’n veel groter kans vir die terroriste om die land se regering oor te neem weens die swak verdediging waarmee die land toegerus is.

Die Verenigde State van Amerika het reeds die situasie goed opgesom en terroristebasisse vernietig met suksesvolle lugaanvalle.