Rand val

Die gemors wat by tesourie aangaan, asook Jacob Zuma se plan van gratis onderrig vir studente ten spyte van die Heher-verslag wat sê dit is onmoontlik en onwenslik, het daartoe gelei dat die rand sy laagste punt in ‘n jaar bereik het.

Dit volg na Michael Sachs se bedanking  by Tesourie asook die aankondiging dat sekere student wel gratis hoër onderwys sal ontvang, wat ekstra druk op openbare finansies plaas.