Radio-aktiewe wolke trek oor Europa

’n Wolkbank wat besoedel is met radioaktiewe stof het die afgelope naweek oor Europa getrek wat vermoedelik afkomstig is van ’n onklaar kernkragbron in Rusland, maar wat as onskadelik bestempel word.

Die Franse Kernkrag Veiligheid Instituut sê die lekkasie het plaasgevind gedurende September, maar is sodanig dat dit geen nadelige uitwerking het nie.

Die Franse instituut beweer dat verskeie lande metings gedoen het en hoë vlakke van radio aktiewe stof gevind het wat in ’n wolkmassa oor Europa beweeg het.

Die vermoede bestaan dat die stof vrygestel is nadat ’n splitsing van atoom in ’n kernreaktor plaasgevind het in Rusland.

’n Woordvoerder in Frankryk sê so ’n voorval wat sou plaasvind in Frankryk, sal meebring dat ’n omvattende program om ’n wye area rondom die ongelukspunt te isoleer en mense te verwyder uit so ’n gebied.

Waarnemers meen dit het waarskynlik nie in Rusland gebeur nie en mense is onbewus van die radio aktiewe stof wat hulle kan benadeel.

’n Russiese woordvoerder het later gesê sy sal nie onmiddellik op die aangeleentheid kan reageer nie.