Pole eis skadevergoeding van Duitsland

Derduisende Poolse nasionaliste het Saterdag in die hoofstad Warskou saamgekom om die onafhanklikheid van Pole feestelik te herdenk.

Met ’n slagspreuk as tema “God al die eer vir ons vaderland” is die verrigtinge gehou terwyl verskeie toesprake gehou is.

Groot baniere waarop “Poolse industrie in Poolse hande” was oral sigbaar, en sprekers het die patriotisme aangewakker in hulle toesprake.

Een van Pole se bekende leiers, Jaroslaw Kaczynski, het in sy toespraak gesê die Duitse regering het ’n skuldlas om af te los by Pole.

As lid van die regerende Reg en Geregtigheid Party het hy verwys na Duitsland wat aan Frankryk en ook aan die Jode vergoeding betaal, maar vir die skade wat Pole gehad het, word niks gedoen nie.

Hy sê dit gaan nie oor die bedrag geld nie, maar oor die eer van Pole, en Duitsland moet daardie skuld betaal.

Simbole van “Vir ons en ons volk se vryheid” was oral in Warskou te sien, en ’n feestelike atmosfeer het die naweek geheers terwyl pragtige vuurwerke daarmee gepaard gegaan het.

Pole het 99 jaar gelede sy onafhanklikheid teruggekry nadat die land verdeel was en gedeeltelik onder Pruisiese heerskappy gestaan het.