Phlebodium varing

Die Phlebodium is ‘n lugplant met lang, gelobde varingblare. Dit is in die familie Polypodiaceae, die spesie is P.aureum. Hierdie varings kom oorspronklik van subtropiese gebiede van Amerika.

Dit word as ‘n lugplant geklassifiseer, want dit groei graag vas aan boomstamme en wil in skadu wees. Phlebodiums het lang smal blougroen blare. Hierdie plante is maklik om te kweek. Dit verg nie baie aandag nie want dit voed hulself en kry ook hul water wat in die mik van bome ophoop. Dit groei goed in digte woude. Die varings wil egter gereeld water hê en ook natgesproei word. Dit kan met min sonlig klaarkom en hou van baie vog en redelike hoë humiditeit. Dit groei goed in hangmandjies en sal te mooi in die badkamer of kombuis aard waar daar redelik vog versprei word.

Hierdie is ‘n ornamentele plant en word ook in medikasie gebruik. Die ou inwoners van die Amerikas het dit gebruik vir asma en hartsiektes. Daar word ook beweer dat jy ‘n tee kan maak daarvan wat aan jou vel gesmeer kan word om te keer vir sonbrand. Onthou egter om altyd met u geneesheer oor kruie medikasie te praat alvorens u dit mondeliks gebruik.

U kan gerus vir u ‘n lugplant aanskaf want dit vereis min water en omtrent geen aandag nie. Dit vertoon wel pragtig so teen boomstamme of hangmandjies.

Tuiniers geniet u tuin tot volgende keer.