Oud LUR geskors

Die voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, blyk toe geen student meer te wees nie nadat sy geskors is.

Sy is gedagvaar om in die Life Esidimenis-arbitrasieverhoor te getuig oor die dood van 141 psigiatriese pasiënte, maar sy het dit tot dusver nie gedoen nie omdat sy in Brittanje sou studeer.

Nou het die Global Banking School bevestig dat sy geskors is. Die Universiteit van Bedfordshire, waarvan die Global School of Banking deel is, sê Mahlangu is geskors omdat sy die vereistes en voorwaardes van die instelling oortree het.

Foto: Qedani Mahlangu