Oud adjunkminister skuldig

Die vorige adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, het in die Randburg hof skuldig gepleit op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstige te beseer.

Daar was groot openbare verontwaardiging toe hy as adjunkminister erken het dat hy ‘n paar dames by ‘n nagklub aangerand het, en sy baas, Jacob Zuma, anderkant toe gekyk het en geweier het om Manana te dissiplineer. Uiteindelik het Manana self bedank in plaas daarvan dat Zuma die regte ding gedoen het deur hom af te dank,

Hy sal vandag gevonnis word.

Foto: Mduduzi Manana